Welcome! Wikis are websites that everyone can build together. It's easy!

Moria ouetehuis

Moria Tehuis vir Bejaardes versorg reeds die afgelope 33 jaar die inwoners van Krugersdorp. Ons versorg sowel verswakte as gesonde bejaardes en dit is ons beleid dat die inkomste van 'n bejaarde nie die gehalte van sy/haar versorging sal beinvloed nie. Een en ander oor die inwoners Die water van Moria moet ‘n wonderbestandeel bevat want ons inwoners behaal hoë lewensjare. Hier woon tans 19 bejaardes wie 90 jaar en ouer is. Ons glo dit is die goeie versorging en liefde wat hul hier ontvang wat bydra tot die geseënde lewens.
‘n Huidige inwoner, oom Willie Kok, het op 22 Mei 100 jaar oud geword. Hy is reeds sedert Januarie 1997 ‘n inwoner hier en vier dus vanjaar ook ‘n dekade se verblyf in Moria. Oom Willie is ‘n inspirasie vir die inwoners en personeel en ons het hom leer ken as ‘n regte plaatjie met ‘n passie vir die lewe en sy medemens – natuurlik het hy ook nog ‘n spesiale vriendin.
Die ramp
Die brand van 13 Oktober 2006 is die grootste nagmerrie is wat ons nog ooit beleef het en sal altyd onlosmaaklik deel van ons geskiedenis wees. Die brand het die westevleuel van die vierde verdieping verwoes en sewe inwoners het in die ramp gesterf: mnre J W Oosthuizen, A J Oosthuizen, B A Labuschagne en mevv J H Woest, A C Fourie, M E Groom en C E Cawood. Tydens die ramp en daarna is ons letterlik gedra deur die ondersteuning en liefde wat ons van die Residentia Stigting, ons plaaslike gemeentes en die gemeenskap ontvang het. Ds Arnold Mulder, ons voorsitter, was ‘n steunpilaar en het die pers te woord gestaan. Klerasie, linne, toiletware, meubels, toerusting en ook geld het letterlik ingestroom. Die sestien inwoners wie alles in die brand verloor het, kon ten volle uitgerus word. Die nag van die brand en daarna het weldoeners Moria binnegestroom en ons bygestaan. Ons is baie trots daarop dat Moria binne 36 uur weer ten volle operasioneel was en ons inwoners kon terugkeer. Traumaberaders het almal besoek en gehelp om die aanpassing te vergemaklik. Moria se personeel was ‘n voortreflike span en almal het gedoen wat die hand gevind het om te doen sonder om na die horlosie te kyk. Ons mede-ouetehuise nl. Moreglans en Luipaardsvlei het ons verswakte bejaardes kom haal om te versorg terwyl ons die gebou in orde gekry het. Hul ontbaatsugtige liefde is iets wat ons nooit sal kan vergeet nie. Skoolkinders het kom help om die mure en vloere te was en weldoeners het ingespring om nuwe gordyne en dekens te help maak.


Latest page update: made by IlseV , Sep 26 2007, 5:57 AM EDT (about this update About This Update IlseV Edited by IlseV

337 words deleted

view changes

- complete history)
Keyword tags: None
More Info: links to this page

There are no threads for this page. 

Anonymous  (Get credit for your thread)