Already a member?
Sign in
Jogabed
JOGEBED BABAHUIS se deure het in Januarie 2005 oopgemaak. Die huis is een van die vele halfweghuise in die land wat deel is van die uMephi projek – die Kindersorg projek van AGS Uitvoerende Welsynsraad.
Die oogmerk van uMephi is:
‘n VERALTYD GESIN VIR ‘N KIND IN NOOD
JOGEBED BABHUIS is ‘n plek van veiligheid vir kinders in nood tot hulle in ‘n veilige en "veraltyd" gesin opgeneem kan word. Die Babahuis bly onder die toesig en beskerming van die AGSUWR terwyl ‘n komitee van 9 dames uit die gemeenskap alle algemene bestuursbesluite neem. As ‘n aanvullende diens van Jogebed is daar ook ‘n Krisissentrum vir swanger vroue. Swanger vroue ontvang hier berading wanneer die swangerskap vir haar ‘n krisis is. Beraders ontvang opleiding in die hantering van krisis swangerskappe. Jogebed Babahuis bly afhanklik van skenkings en ondersteuning van die gemeenskap. Jogebed het haar voete die afgelope 2 jaar gevind en is deur die gemeenskap van Upington aanvaar as een van hul gemeenskapsprojekte vir die kinders van Upington wat nie vir hulself kan praat nie. In die lig van die sukses, en die verskil wat Jogebed die afgelope 2 jaar gemaak het, is dit een van die vinnig groeiende welsynsprojekte in die dorp. Die oop harte van die gemeenskap het ons harte geraak en moontlik gemaak om vir verlate en verwaarloosde kinders ‘n plek van veiligheid te wees. Help ons ook om met die nuwe projek ‘n groter inpak op die lewens van ons kinders te maak. Kinders is die toekoms van môre, help ons om gesonde kinders groot te maak vir môre.

JY MAAK ‘N VERSKIL DEUR WAT JY HET, MAAR JY LEWE WERKLIK DEUR WAT JY GEE - WINSTON CHURCHILL -

Latest page update: made by IlseV
, Sep 26 2007, 6:01 AM EDT
(about this update
About This Update
Edited by IlseV
1 image added
view changes
- complete history)
1 image added
view changes
- complete history)
Keyword tags:
None
More Info: links to this page